Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Hulle berispe die probleme

Omdat ’n mens op Engels ’n probleem kan “address”, dwing al hoe meer Afrikaanssprekendes om vraagstukke en dies meer aan te spreek. Daar is glo ook mense vir wie “aanspreek” nie deftig genoeg klink nie en ’n vraagstuk nou glad “adresseer”.

“Aanspreek” deug nie in dié sin nie. Dit beteken om die woord tot iemand te rig of iemand voor stok te kry of te berispe. Die verkeerde gebruik van die woord maak ons dus eintlik ’n berispende gemeenskap.

Die woord kan ook in ’n ander sin gebruik word. Iemand wat geld dringend nodig kry, kan byvoorbeeld sy spaargeld aanspreek. Of ’n mens kan iemand oor sê nou maar skuld aanspreek. ’n Vraagstuk word nie aangespreek nie. Dit kan doodgewoon bespreek word, aangeroer, behandel, aangepak of gehanteer word. Daar kan ook op so ’n saak ingegaan word. Dit is alles wat op Afrikaans gedoen kan word met iets wat op Engels “address” word.

Daar word ook nie “met” ’n saak “gehandel” nie (Engels: “to deal with a matter”). Op Afrikaans sê ’n mens dat ’n saak behandel of afgehandel word of ook dat daarop ingegaan word.

’n Ander woord wat in Afrikaans voortwoeker, is “implementeer”, wat boonop soms verkeerd gespel word as *implimenteer. Dit word gebruik in navolging van ’n Engelse hebbelikheid wat deur Engelse taalkenners verwerp word.

In sy boek Die juiste woord het L.W. Hiemstra die afkeurende woorde van die groot Engelse taalman Fowler aangehaal: “Undertakings, recommendations, promises and obligations are never now fulfilled or carried out or kept or observed or discharged; implemented must always be the word.”

Weliswaar word implementeer deur ons woordeboeke erken, maar ons behoort nie toe te laat dat dit eenvoudige, goeie Afrikaanse woorde soos uitvoer en toepas verdring nie. In plaas van te sê dat ’n wet “geïmplementeer” word, kan gesê word dat dit toegepas word. ’n Besluit kan uitgevoer word. Ons het “implementeer” daar nie nodig nie.

Nog so ’n woord is “finaliseer”. In Spies en Combrink se Sakboek van regte Afrikaans staan: “Selfs in Engels word finalise as ’n ongewenste nuwe maaksel beskou. Finaliseer kan meestal vervang word deur voltooi, afsluit, afrond, afhandel, ens.”

Maar “finaliseer” bly klou soos klitsgras. Kort-kort verneem ’n mens van ’n rugby- of ander span wat “gefinaliseer” is of sal word in plaas van gekies of saamgestel. Nou die dag was daar êrens glad sprake van grense wat “gefinaliseer” word in plaas van getrek.

J.J.J. Scholtz, Taalskatkis, 30 September 1991 © Die Burger, Media24  

trefwoorde

anglisisme | Engels | taalverarming | verafrikaansing



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther