Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Só laat mense hulle voorsê

Wat tog nie alles met wette aangevang word nie! Party mense dwing om hulle te implementeer; andere wil opsluit hê dat hulle afgedwing moet word. Soos voorheen aangetoon is, word “implementeer” só gebruik omdat op Engels van “implement” gepraat word en dit terwyl mense wat op goeie Engelse taalgebruik gesteld is, juis ’n hekel aan dié woord het.

Net so met “afdwing”. Dit word gebruik omdat op Engels gesê word dat ’n wet “enforce” word. Die “-force” van die Engelse woord laat mense soek na ’n Afrikaanse woord wat ook die idee van dwang inhou. Dan kom hulle uit by “afdwing”, wat nie in dié verband pas nie. Só laat mense hulle deur Engels voorsê wat om op Afrikaans te sê.

“Afdwing” beteken letterlik om deur dwang iets te verkry. ’n Mens kan byvoorbeeld ’n toegewing van iemand afdwing deur op een of ander manier dwang op hom uit te oefen. In figuurlike sin kan iets soos respek ook afgedwing word deur jou so te gedra dat andere nie anders kan nie as om jou te respekteer. Selfs sonder om dit te bedoel dwing jy hulle daartoe. Maar wanneer ’n wet “enforce” word, is daar geen sprake van die verkryging van iets nie. Daarom deug “afdwing” nie daar nie. ’n Wet word doodgewoon toegepas, uitgevoer of gehandhaaf.

In die Tweetalige Woordeboek is “streng” tussen hakies ingevoeg, miskien as ’n toegewing aan diegene by wie “enforce” die gedagte van dwang gewek het. Daar staan dat “enforce the law” met “die wet (streng) toepas” vertaal kan word. Daardie “streng” is oorbodig.’n Wet word vanself streng toegepas. As dit nie streng toegepas word nie, kan eintlik nie gesê word dat dit toegepas word nie.

Die mense wat wil hê dat ’n wet afgedwing moet kan word, kom voor ’n lastigheid te staan wanneer dit by die vertaling van “law enforcement” kom. Blykbaar sien hulle nog nie vir iets soos “wetsafdwinging” kans nie en praat hulle ook van wetstoepassing. Dit kan beskou word as goeie bewys dat “afdwing” nie in dié sin pas nie. Maar hoe nou gemaak met “enforceable”?

Op Engels kan byvoorbeeld gesê word dat sê nou maar ’n ooreenkoms “enforceable” is. Hoe sê ’n mense dit op Afrikaans? Dié woord word dikwels met “afdwingbaar” vertaal. Dit lyk na ’n treffende voorbeeld van hoe soms so stip op die Engelse woord gelet word dat niks anders raakgesien word nie. ’n Ooreenkoms wat “enforceable” is, is mos maar net geldig of dan regsgeldig. As dit nie geldig is nie, kan dit nie “enforceable” wees nie.

Die neiging om op Afrikaans iets te sê min of meer net soos dit op Engels gesê word, is baie algemeen. Alte dikwels word ’n Engelse uitdrukking met groot moeite ’n (sleg passende) Afrikaanse baadjie aangetrek terwyl Afrikaans ’n eie manier het om dieselfde ding te sê. Engelse uitdrukkinge kan soms met vrug verafrikaans word as Afrikaans niks het wat dieselfde sê nie. Dan word Afrikaans verryk, maar die eie moet nie misken of op die agtergrond gestoot word nie, want dan word Afrikaans verarm.

J.J.J. Scholtz, Taalgereedskap, 7 November 1991 © Die Burger, Media24  

trefwoorde

anglisisme | Engels | taalverarming | verafrikaansing



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther