Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Variëteite wys taalverskeidenheid
’n Variëteit is ’n taalvorm wat deur ’n bepaalde groep sprekers of in bepaalde tipes gespreksituasies gebruik word. Dit kan byvoorbeeld die dialek wees wat in ’n sekere geografiese gebied of die sosiolek wat deur die sprekers binne ’n gegewe sosiale groepering gebruik word.
Die sprekers van een variëteit kan in verskillende gespreksituasies verskillende registers gebruik. In ’n formele onderhoud praat ’n mens byvoorbeeld anders as wanneer jy om ’n braaivleisvuur sit en gesels.
In enige lewende taal word daar ’n hele reeks variëteite aangetref. Variëteite lewer bewys van die verskeidenheid wat in ’n taal voorkom. Ook Afrikaans is ryk daaraan.
Die bereëling van korrekte taalgebruik, soos vervat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, is veral op die standaardvariëteit van Afrikaans gerig. Omdat die skryftaal gewoonlik formeler as die gesproke taal is, is die standaardvariëteit by voorkeur ’n skryftaalvorm.
Variasie kom dikwels voor tussen die formele skryftaal en die minder formele gesproke taal, die omgangstaal. Verandering begin makliker in die gesproke omgangstaal en beïnvloed mettertyd die geskrewe standaardvariëteit.
In taalverandering is daar dikwels ’n fase waar sekere verskynsels nog nie in die skryf- en formele taal erken word nie, terwyl dit in die gesproke en informele taal reeds algemeen gebruiklik is.
Sinsvolgorde is een van die verskynsels in Afrikaans wat op die vlak van die informele gesproke taal veranderings begin ondergaan wat nog nie tot die formele skryftaal deurgedring het nie.
Afrikaans het twee sinsvolgordepatrone wat in stelsinne gebruik word, naamlik die hoofsin- en die bysinpatroon. Die hoofsinpatroon is byvoorbeeld “Sy lees die koerant” met die werkwoord wat in die tweede sinsposisie staan. In ’n bysin skuif die werkwoord na die einde van die sin: “Ek weet dat sy die koerant lees.”
Hierdie onderskeid tussen hoof- en bysinsvolgorde word uit die grammatika van Afrikaans bereël. Die hoofsinsvolgorde staan as die ongemerkte en die bysinsvolgorde as die gemerkte volgorde bekend.
Taalgebruikers het ’n inherente neiging om te veralgemeen en dinge eenvormig te maak. Omdat hoofsinsvolgorde die natuurlikste sinsvolgorde in Afrikaans is, word dié patroon dikwels ook na die bysin oorgedra en kry ’n mens voorbeelde soos “Ek weet dat sy lees die koerant”.
Ondanks die vermanings van taalonderwysers kom hierdie verskynsel al hoe meer in die gesproke taal voor. Hoewel die geskrewe taal dit nie heeltemal vryspring nie, kom dit daar minder gereeld voor.
Naas die gewone bysinne wat deur ’n voegwoord ingelei word, is daar voorbeelde, bekend as “skoon bysinne”, wat sonder ’n voegwoord is. In sulke bysinne word gewone hoofsinsvolgorde aangetref. Vergelyk die skoon bysin “Ek weet sy lees koerant”.
Die gemerkte bysinsvolgorde word van twee kante bedreig: die hoofsin en die skoon bysin. Omdat albei hierdie sinne die neutrale volgorde het, is dit ’n natuurlike neiging van sprekers om dieselfde volgorde ook in gewone bysinne te gebruik. Dit is ’n verskynsel wat al hoe sterker op die voorgrond sal tree.
Taalbereëlaars sal aandag moet gee aan die invloed wat dit op sowel formele gesproke as geskrewe Afrikaans gaan hê.
Johan Combrink, Taalgereedskap, 6 Desember 1993 © Die Burger, Media24
trefwoorde
dialek | variëteit | sosiolek | register | taalverskeidenheid | bereëling | standaardvariëteit | skryftaal | spreektaal | omgangstaal | taalverandering | sinsvolgorde | stelsin | bysin | werkwoord
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
sien
Sinne met so
Slegte ruil
snel groeiende
Spelkeuses is taaldemokrasie
Standaardtaal in die kollig
stappe doen of neem?
Taal is baas
taboewoord
testament tot
Turkye, Türkiye
Uitspraak van vreemde woorde
vals verkleinings
Variëteite wys taalverskeidenheid
vergeleke met
Verskynsels gee woorde
voornaamwoordelike bywoorde
Vraagteken uit Latyn
Waar hou woorde op?
Wanneer anglisisme?
Welkom vreemdelinge
Woord sê nie alles nie
Woordeboekdag