Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Hulle wil dit maar net hê

Goeie, eenvoudige Afrikaanse woorde word alte dikwels opsy geskuif en vervang deur woorde wat nie daar pas nie. Een so ’n woord is , wat deur sien verdring word.

Klaarblyklik onder invloed van Engels word gesê of geskryf: “Ons wil graag sien dat ons voorbeeld gevolg word.” Hulle wil dit maar net graag hê.

Ook agter Engels aan word gesê: “Ons sien dit as noodsaaklik.” Op Afrikaans word beskou gebruik. Ag deug ook in dié sin, maar dan sonder as, dus: “Ons beskou dit as noodsaaklik” óf “Ons ag dit noodsaaklik”.

Dan is daar die fout, wat dikwels gemaak word, om “seeing that” met “siende dat” te vertaal. Party mense praat glad van “synde dat”. Die Afrikaans daarvoor is aangesien.

Siende bestaan wel, maar in ’n heeltemal ander sin. Dit beteken om te kan sien. Ons kry dit in die uitdrukking “horende doof en siende blind”.

Nou gebeur dit gereeld dat mense wat met “siende dat” en “sien as” geen fout vind nie, beswaar maak teen “sien bladsy 12”. Hulle sê dit is ’n anglisisme, omdat op Engels gesê word “see
page 12”. Hulle meen ’n mens moet daar “kyk” gebruik. Maar sien in dié sin is geen anglisisme nie; dit bestaan ook in Nederlands en Duits.

’n Mens gaan ook nie ’n dokter “sien” nie; jy gaan haar of hom spreek of besoek of raadpleeg.

Soms verneem ’n mens ook van vriende wat mekaar dikwels “sien”, waarmee nie bedoel word dat hulle mekaar op ’n afstand te sien kry nie, maar dat hulle mekaar dikwels opsoek of by mekaar uitkom.

J.J.J. Scholtz, Taalgereedskap, 25 November 1991 © Die Burger, Media24  

trefwoorde

anglisisme | engels | oorklanking



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther