Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Só is sê en meen twee

Ons kyk dikwels verwonderd hoe andertaal se mense struikel oor ons (dubbele) nie, maar ons is self nie te voetvas teen daardie skuinste nie. Soos die voorbeelde toon wat die koerante en die radio die afgelope week gebring het.

’n Koerant skryf: “Die leiers moet hulle daarvan weerhou om nie straat toe te gaan nie”. Dit beteken hulle moet straat toe gaan, veg teen wegbly uit die straat. Nie wat die spreker bedoel het om te sê nie.
’n Bewaarder skryf: “Daar sal streng teen gewaak moet word dat ontginning nie tot eksploitasie lei nie.” Daarmee sê die man ontginning kan dalk nie tot eksploitasie lei nie; dit moet gekeer word (sodat ontginning wel tot eksploitasie sal lei). Wat die man bedoel, is dat gewaak moet word teen ontginning wat tot eksploitasie kan lei. Nou sê hy “wat nie tot eksploitasie lei nie”.

In ’n artikel sê iemand: “Waak daarteen om nie die geskiedenis te vervals nie.” Maar dit sal seker beter wees as gewaak word teen pogings om die geskiedenis wel te vervals.

’n Getroue Naas-ondersteuner sê hy “was nog nooit nie lojaal teenoor N.Tvl. of Suid-Afrika nie”. Was hy al lojaal? Nog nooit nie. Dit staan daar. Dis ’n nie-sin wat weerskante toe gelees kan word. Jy kan ook sê (wat klaarblyklik die bedoeling is): Hy was nog nooit nie-lojaal, d.w.s. dislojaal, nie.

Wat in dié gevalle gebeur, is dat twee ontkennende sinne saamgegooi word en mekaar dan kanselleer. “Waak daarteen dat die geskiedenis vervals word en vervals die geskiedenis nie.” So sê albei afsonderlik die geskiedenis moet waar gehou word. Gooi hulle saam, dan is jou hand beskermend oor vervalsing.

Hier in Taalgereedskap kyk ons liewer na taalverskynsels as na taalfoute. Maar ons kan soms ’n bietjie van die reël afwyk omdat ’n mens partykeer beter weet hoe iets moet wees as jy gesien het hoe hy nie moet wees nie. Jy moet ’n paar keer met ’n fiets val om te weet hoe om nie te val nie.

Ons kyk na ’n paar val-sinne: “ ’n Onderwyser het verlede maand waargeneem as waarnemende hoof.” Hier het beslis ’n jas in die speke gekom. ’n Sportman skryf: “Geeneen van die junior Bokke is beseer nie en sal dus kan speel soos hulle gekies is.” Dis dan “geeneen” wat so gaan speel. Dalk verklaar dit sommige tellings.

’n Koerant skryf: “Marlene Dietrich ná lang lewe in Duitse geboortestad ter ruste gelê”. Maar sy het haar lang lewe elders deurgebring. Dus: “in geboortestad ter ruste gelê na lang lewe”.

Ons ken mensliewend en lagwekkend. Nou lees ek ook van slaapwekkend. Seker vir dié wat met oop oë slaap.

Taalgereedskap, 8 Junie 1992 © Die Burger, Media24  

trefwoorde

ontkenning



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther