Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Nuwe taalreëls maak Afrikaans vriendelik

Die 1991-uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) moes al onder heelwat kritiek deurloop omdat dit glo te veel vryheid van spelling en skryfwyse toelaat. Beswaardes het dit veral teen al die gevalle waar daar nie nou meer net ’n reg of ’n verkeerd is nie, maar waar daar ’n keuse is. Hulle wil hê dat die Taalkommissie meer voorskriftelik te werk gaan en telkens óf ’n definitiewe ja óf ’n definitiewe nee as antwoord op die reg/verkeerd- vraag gee. Maar nou sê die Taalkommissie ja én nee en dit pla en verwar ’n klomp mense.

’n Argument teen keusemoontlikhede is dat die gebruiker duideliker leiding wil hê en dat dit lyk asof die Taalkommissie self nie weet wat hy wil hê nie en daarom maar sê: “Skryf en spel soos julle wil!” Dit is nie die geval nie. Waar daar in die AWS keusemoontlikhede aan die gebruiker gelaat word, is dit met voorbedagte rade gedoen. Dit geld ook vir die talle gevalle waar daar nie keusemoontlikhede is nie en waar dit óf reg óf verkeerd is.

Daar is ’n ou siening in die taalkunde dat die reëlmakers hulle moet steur aan die werklike taalgebruik en nie net aan hul eie voorkeure nie. Dit is wat die nuwe reëls wil doen: om Afrikaans te beskryf soos hy werklik gebruik word en om deur dié skryfwyses die kommunikasie so goed as moontlik te bewerkstellig. Deur nuwe reëls word Afrikaans vriendeliker gemaak. Maar daar sou ’n groot klomp onvriendelikheid gewees het as die Taalkommissie sou besluit dat al die mense wat wel die ou reëls onder die knie gehad en getrou toegepas het, nou nie meer reg skryf as hulle daardie reëls volg nie.

Johan Combrink, Taalgereedskap, 15 November 1993 © Die Burger, Netwerk24, Media24  



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther