Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Gun die Engelse die één een
Haal die hoed af vir een. In die woordeboek (WAT) is dié klein kêreltjie net een teen tienduisende ander, maar hy staan sy plek vol. ’n Goeie vyf kolom. Nou moet ek ongelukkig skryf oor die een geval waar een misbruik word en nie oor die honderde ander gevalle waar hy nuttig is nie. Dis mos altyd so: Die gewilliges word misbruik.
Nou die dag skryf ’n koerant weer “die huidige boekjaar gaan ’n baie moeilike een wees”. En dis nou ’n geval waar die Engelse die alleenreg het op een se diens; ons kan dit nie van hulle wegvat nie. Die WAT sê dis ’n oorbodige en stilisties foutiewe gebruik van een en noem die volgende voorbeelde:
Die vraagstuk is ’n besonder belangrike een.
Korter, duideliker en gladder: Die vraagstuk is besonder belangrik.'')
Die gedagte hier is die Amerikaanse een.
Makliker en duideliker: ... is die Amerikaanse.'')
Goed dat die WAT sê “stilisties foutiewe”, want mense veroordeel Engelsagtighede dikwels op blote voorkoms. Maar ’n woord of wending is nie ongewens bloot omdat dit na Engels lyk nie. Engelsheid is bv. geen rede waarom ons nie ook kan sê “die laaste strooi sal die kameel se rug breek” nie, want in dié sin is niks wat onafrikaans is nie en ons hoef die Engelse nie kwalik te neem omdat hulle hier eerste aan die kameel gedink het nie.
Maar laat ons oppas vir die oorbodige en onafrikaanse vir wat deesdae so gedy in ons koerante, bv. in:
Hy het vir ses maande hier gewoon.
Die maklikste ding op die wêreld om teen hom te veg. Jy laat hom net weg. Geen vervangingskoste. Maar dink jy hulle doen dit?
Van een gepraat, soms sê die woord meer as wat hy sê, en dan nogal in verkleinde vorm. As jy vir ’n gas vra “Nog enetjie?” kan dit niks anders as een ding wees nie. Al het jy die ding se naam nie genoem nie. Almal weet dit, al het niemand dit gesê nie.
Die vryerstaal is vol van hierdie soort goed wat nie presies sê wat bedoel word nie. Jy moet mos sorg vir uitkomkans as die ander party nie instemmend is nie. Die geleerdes noem die verskynsel pregnansie – die woorde dra hier meer inhoud as gewoonlik. (Maar het julle die boete gesien as jy nou met enetjie te veel agter die stuurwiel sit? Tot R24 000 of ses maande! Kêrels, word hoenderkop as julle wil, maar van niks meer as blote kraanwater nie.)
Die WAT staan hierbo WAT met die. Só kan die naam nie sonder sy die geskryf word nie. Vergelyk daarmee die ACVV, die SALU, die SAUK, die OVV, die TLU. Maar as die afkorting ’n nuwe “woord” vorm wat ook klein geskryf kan word, sê WAT, kan die die verval. Daarom Sanlam, naas die SANLAM. Maar hier, vrees ek, het Sanlam (klein) alle mededingers uitgeroei.
Taalgereedskap, 29 Junie 1992 © Die Burger, Netwerk24, Media24
Besluite neem of maak?
betekenis
Betekenis vra konteks
betekenisverruiming
Betekenisverruiming gee woema
betekenisverskuiwing
biljoen en miljard
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bysin
bywoord
DBAT
definisiewoord
Deftig wees
diakritiese teken
dialek
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
dierenaam
diernaam
dubbele meervoud
dubbelpunt
Duits
Één een
eenduidigheid
eienaam
Engels
etimologie
Germanisme
Gesukkel met name
gravis
Grieks
hakie
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
idioom
ingevoerde woorde
intonasie
Is Afrikaans jonk?
Jiddisj
kaplaks
karet
keusevryheid