Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Waar kom sprinkaan aan sy naam?
Kop, borsstuk, agterlyf, voelers, monddele, lêboor ... Soms wonder ’n mens hoekom ’n basiese kennis en verstaan van party dinge by van gister se kinders oënskynlik ontbreek. Dalk omdat ons eerder moes leer hoe ’n sprinkaan inmekaarsteek? Oor sy naam vra ’n leser nogtans: Kan jy dalk sê waarom sprinkaan só gespel word en nie as “springkaan” nie?
In ’n Onze Taal-artikel van 2020 verduidelik Hans Beelen en Nicoline van der Sijs dit mooi: Die virus, tans oorlog, stoot die sprinkaan uit die kollig, maar in groot dele van Afrika, die Midde-Ooste en Asië vreet reuseswerms van hierdie insekte gereeld die wêreld kaal. “Plae van Bybelse proporsies” – met verwysing na nommer agt van die tien Ou-Testamentiese natuurrampe wat Egipte tref toe die farao van destyds voor die Israeliete se trek ’n stokkie probeer steek. Eksodus 10:4 van die 1983-vertaling: “As jy weier [...] bring Ek môre ’n sprinkaanplaag oor jou land.” In die oudste gedrukte Nederlandse Bybel, die Delftse Bybel van 1477, lui die laaste deel: “so sal ic morghen bring on dinen lande spelthanen”. Sprinkaan was oorspronklik dus ’n spelthaan.
Die eerste deel van dié ou saamgestelde naam, spelt, verwys na ’n soort growwe koring. Volgens die WAT: ’n geharde oergraan met lang, dun halms en los are wat elk twee korrels met ’n neutagtige smaak en ’n laer gluteninhoud as gewone koring bevat. Die tweede deel, (h)aan, sê Beelen en Van der Sijs, verwys waarskynlik na die ruk- of springbewegings van ’n sprinkaan, wat aan dié van ’n hoenderhaan laat dink: Die k in vandag se “sprink(h)aan” gee die oorspronklike uitspraak van spring weer.
Maar let op dat haan, veral die verkleinwoord, haantjie, ook ’n ander betekenis het, soos in Afrikaans se buishaantjie, ’n naam vir verskillende soorte bladkewers, en goudhaantjie, vir die goudbesie of goudkleurige skilpadbesie in tuine en vrugteboorde. In Nederlands is daar nog bladhaantjies, heidehaantjies, leliehaantjies, lieweheershaantjies, populierhaantjies en meer, waarvan sommige spelt vreet. Sprinkaan het sy naam dus ook by Kewer gaan leen.
Volgens Wikipedia is daar in die orde Orthoptera meer as 20 000 sprinkaan- en kriekspesies. “Die ganskelike aardbodem die kook van die sprinkaantjies,” skryf ene Dirk Mostert in 1935 in Huisgenoot. Van die korthoringsoort, soos die bruin- en grasvlerk- en klipsprinkaan; die langhoringsoort, soos die koringkriek en keëlkop; die blaasop; streepvlerk en meer bevat die WAT ook norrings en norrings streekname: gonja, goejaphonja, huidjiehu, joggemlangasem, koffiemeul, krompokkel, langasem, pietereenderm, rooibaadjie ... Volgens die Mosaïese (Moses se) wet: “rein diere”, wat geskik is om geëet te word (Levitikus 11); vir mense elders soms broodnodig, as kos.
Die bidsprinkaan, of mantis, die groot, roofsugtige insek wat so genoem word omdat hy sy voorpote saamvou asof in gebed, behoort tot ’n ander orde.
Ironies, dalk simbolies: dat die sprinkaan wat bid, ook die sprinkaan is wat ander verslind.
Jana Luther, Woordewisseling, 11 Maart 2022 © Beeld, Netwerk24
trefwoorde
etimologie
Afkorting en volvorm
afslaer
Asterisk wys nagedagte
Bê, sê die bok
Benamings laat struikel
berus
Besluite neem of maak?
Betekenis vra konteks
betekenisverhoudings
Betekenisverruiming gee woema
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bywoord
DBAT
Deftig wees
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
diernaam
dit wat
Één een
fooi
Gesukkel met name
Hoe werk die Taalkommissie?
Hoekom sprinkaan?
huh en uh-huh
huidiglik
hulpmiddele by skryf
Idiome wys taalvaardigheid
ingevoerde woorde
Is Afrikaans jonk?
kaplaks
kerfstok
kiri slam en iesegrimmig
Komma as desimale skeier
kort name
lankmoedig en verdraagsaam
Lexikos
loop en stap
meerkat
Mense laat hul voorsê
met iets deel
metonimie
Moenie ’n schmuck wees nie
Moge ’t treffe
nie
Nie net vir koppel nie
Nuwe taalreëls