Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Van Bologne tot Benoni
Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Rykes sê “nie weer nie”, maar dat werkersklasverbruikers dié stapelkos gaan vermy, is onwaarskynlik. Leon Schuster sing nie verniet nie: “Ag, man, moenie moan nie, eet jou kaas en jou polonie.”
Sonder “Franse” polonies en penniepolonies (die kleintjies met die deursnee van ’n outydse muntstuk) kom senteomdraaiers moeilik klaar. Vir baie mense is ’n kota of sephatlo – ’n kwart- of halwe brood gestop met polonie, slaptjips, atjar, en nog meer – koningskos.
Waar die “Franse” vandaan kom, kon ek nie vinnig vasstel nie, maar die oorsprong van dié wors, wat enigiets van gehaltebees- en vark tot afval kan bevat, is nie Frankryk nie. In die 17de en 18de eeu, in Amerika, het Europese immigrante balogne geëet; ook baloney, of boloney. ’n Verbastering van Bologna, die Italiaanse tuiste van die salpeterpienk mortadella – in 1376 reeds die trots van dié stad se worsmakersgilde. Tamaai, maar delikaat; van ekstra fyn gemaalde vark; gekook en lig gerook; gegeur met sout, peperkorrels, suiker, stukkies spek; soms ook pistasieneute, knoffel en olywe.
Nes sjerrie, van die Engelse sherry, ’n verknoeide vorm van die Spaanse jerez is (genoem na die streek Jerez de la Frontera, in Andalusië), kom polonie van Bologne. Behalwe dat ons s’n ’n treurige namaaksel is. Die Nederlanders praat van “boterhamwors” – toebroodjiewors. Maar die verdoemendste beoordeling van ons kammamortadella is straks die Amerikaanse baloney, wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. “Pretentious nonsense”, sê Merriam-Webster.
Kan ons polonie ook só gebruik? Figuurlik? Die HAT en die WAT swyg, maar VivA se korpusse wemel van poloniegesegdes!
“Man, al is jy ook die Poloni van Benoni!” Gesê aan iemand met ’n hoë dunk van homself.
’n Potjierol? Dié lyk soos ’n gestopte polonie.
Wanneer die bepoeierde tannie David Kramer om die lyf vat, druk sy hom ongetwyfeld met “poloniearms”.
“Polonierooi” en “-pienk” is woorde.
In 2004 sê Ebrahim Rasool: “Mense moenie soos die polonie in ’n toebroodjie voel nie.”
Vir Engels se “more than one way to skin ’n cat” is daar “meer as een manier om ’n polonie te sny”.
Die beeld van ’n polonieskil en poloniesny kry ek dikwels: ’n “poloniesnyvoorsprong” hê; daar was “nie plek vir ’n polonieskil” tussen hulle nie.
Oor ’n predikant wat traag huisbesoek doen, maar ywerig toere reël, google ek: “Sy diens aan sy gemeente is maar polonieskil-dik”. Iemand beweer dat ’n kerk “poloniechristene” maak: “hulle in die aannemingsmasjien sit en wanneer hulle sestien is, van hulle lidmate maak”.
In plaas van “mincemeat” kan jy van iemand polonie maak.
Oor “polonieponie” swyg ek liewer, want gee ’n mens jou vir ’n polonie uit, moet jy verwag om gekerf te word.
Jana Luther, Woordewisseling, 12 Maart 2018 © Beeld, Netwerk24
trefwoorde
etimologie | idioom | uitdrukking | polonie
akroniem
akuut
anglisisme
apostroof
argaïsme
assimilasie
asterisk
Asterisk wys nagedagte
AWS
Bê, sê die bok
bekendstelling
beklemtoning
Benamings laat struikel
benoeming
bereëling
Besluite neem of maak?
betekenis
Betekenis vra konteks
betekenisverruiming
Betekenisverruiming gee woema
betekenisverskuiwing
biljoen en miljard
boer en Boer
Bologne tot Benoni
bysin
bywoord
DBAT
definisiewoord
Deftig wees
diakritiese teken
dialek
Dialektiese variasies
Die tyd is nou
dierenaam
diernaam
dubbele meervoud
dubbelpunt
Duits
Één een
eenduidigheid
eienaam
Engels
etimologie
Germanisme
Gesukkel met name
gravis
Grieks