Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Turkye, Türkiye
In Julie 2022 het die Taalkommissie (TK) van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns die voorstel voorlopig aangeneem om ook in Afrikaans die naam Türkiye – uitgespreek “tuurtjieje” – vir die land wat tot nou toe as Turkye bekend gestaan het, te gebruik.
Hierdie naamsverandering kom van Turkye self af, by name van sy president, Recep Tayyip Erdogan. Hy is al lank beswaard oor sy land se naam in Engels ook “kalkoen” beteken, en in idiomatiese Engels ook op “mislukking” of “stommerik” dui. Begin Junie doen die Turkse regering daarom ’n beroep op die Verenigde Nasies (VN) om voortaan slegs die naam Türkiye vir hul land te gebruik. Vervolgens verklaar ’n VN-woordvoerder dié naamsverandering het van krag geword die oomblik toe ’n brief hieroor van die Turkse regering ontvang is.
Daar steek egter meer agter hierdie storie. Daar bestaan min twyfel dat dit nogmaals ’n set van die outokratiese Erdogan is om nasionalisme aan te blaas en die land na sy hand te leer. Veral as dit die aandag aflei van die land se beroerde ekonomiese situasie – ’n inflasiekoers van 73% onder meer, waardeur Erdogan al hoe meer steun aan opposisiepartye afstaan. En hy kan demonstreer dat sy land onder hom ’n grootmoondheid geword het wat hom nie deur die Weste laat voorskryf nie.
Die Turkse landgebied is dalk die oudste permanent-bewoonde streek in die wêreld. Tien millennia gelede al is daar by Göbekli Tepe in die suidooste van Anatolië – só was dié streek bekend – ’n tempel gebou wat steeds die oudste een is waarvan ons weet. Hierdie Neolitiese kultuur het boonop as bakermat vir die Indo-Germaanse taalfamilie gedien.
Sedertdien het verskeie volkere Anatolië regeer – Hetiete, Assiriërs, Frigiërs, Mede, Grieke en Perse.
Die Turke is dus meer as geregtig op hul eie, eeue-oue naam vir hul land.
Die Romeinse Bisantynse Ryk het tot in die Middeleeue stand gehou. Maar met die nederlaag teen die Seldjoekse Turke in 1071 by Manzikert begin die Griekssprekende, Christelike Anatolië geleidelik die Turkssprekende, Islamitiese Turkye word. Toe Mehmet die Veroweraar in 1453 die Bisantynse hoofstad Konstantinopel inneem en daarmee die Ottomaanse Ryk stig, was die ineenstorting finaal.
Die Afrikaanse media het hom nie veel aan hierdie naamsverandering gesteur nie. Netwerk24 en RSG het kort ná die VN-verklaring daaroor berig. By Maroela Media was daar niks. Max du Preez van Vrye Weekblad het op 17 Junie heelwat daaroor te sê gehad, waarvan ’n mens kon aflei hy gaan volhou met Türkiye.
In ’n meningsopname kort ná die TK-besluit by die Facebook-groepe Taaltameletjies en die VivA Taalwerkersforum het die meeste respondente aangedui hulle gaan met Turkye, Turk en Turks volhou eerder as om Türkiye, Türkiyer en Türkiyies te begin gebruik.
Die Afrikaanse Turkye is na genoeg aan Türkiye: geen ophef nodig nie.
Fred Pheiffer, Woordewisseling, 5 Augustus 2022 © Beeld, Netwerk24
Nuwe taalreëls
Ontgroende word oorlams
Ontlening boei
Paps en Mams
plekhouers en stopwoorde
Probleme berispe
Raak naamgewing
Retro-taal, waarom nie?
riemspring en streepsuiker
Rododendron of viooltjie?
saam (met)
Sê en meen is twee
See-erfenis in idiome
sien
Sinne met so
Slegte ruil
snel groeiende
Spelkeuses is taaldemokrasie
Standaardtaal in die kollig
stappe doen of neem?
Taal is baas
taboewoord
testament tot
Turkye, Türkiye
Uitspraak van vreemde woorde
vals verkleinings
Variëteite wys taalverskeidenheid
vergeleke met
Verskynsels gee woorde
voornaamwoordelike bywoorde
Vraagteken uit Latyn
Waar hou woorde op?
Wanneer anglisisme?
Welkom vreemdelinge
Woord sê nie alles nie
Woordeboekdag