Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Woorde: waar hou elkeen op?

Op Harrismith het dit gehael en geblits. Andersins mooiweer en matig. So gebruik die Weerburo die woord andersins herhaaldelik.

Op die gevaar af dat ek alleen staan, moet ek sê dat ek nie glo dié woord kan so gebruik word nie. Die buro vat die land stuk vir stuk en gee aan elkeen dan sy stuk weer. Dis aardse ruimte waarmee gespeel word, dis plek. In my taal hoort by plek elders, soms origens (as jy te doen het met die res na aftrekking).

Kom ons kyk ’n bietjie hoe ’n fynproewer met ’n fynkam na woorde kyk.
’n Vriend het my ’n hele boek van uiteensettings gegee. Ons begin met die woorde waarmee elkeen ’n stempel op homself plaas: hoogmoedig, ydel, hooghartig, verwaand. Wie kan sê waar elkeen ophou en begin? Dis moeilik, met sulke onvatbare goed wat los in die lug hang.

hoogmoedig

Die hoogmoedige dink hy is van waardevoller stof gemaak as ander, wat hy minag. En hy wil hê almal moet dit raaksien.

ydel

Die ydel mens het ’n pou geword toe hy trots geword het. Hy pronk met deugde van sy verbeelding. Die hoogmoedige stel homself op die hoogte; die ydele verlang dat ander dit vir hom doen.

trots (hooghartig)

Meer uiterlik as hoogmoed, gedra deur die persoon se gesig, gebare en ander lyftaal. Omdat primitiewe instinkte daaragter sit, kan jy ’n dier ook trots noem; hoogmoedig nooit.

verwaand

’n Trots mens met niks om trots op te wees nie, maar so ’n trots mens kan nogal indruk maak met sy verwaandheid; ’n verwaande voed die spotters wat hom uitlag.

hoogstaande

Hoog is soms ver van hoog, in die taal. Hoogstaande is glorieryk, maar hoogdrawend, hooghartig en hoogmoedig bly sonder glans. Byna swynedraf. So iemand verkwansel heeldag sy vriendskappe of die potensiëles.

Min mense sal presies kan sê wat die verskil tussen die woorde hierbo is, maar tog sal die moedertaalsprekers sulke woorde byna altyd reg gebruik. Een van die geheimenisse van taal!

Elkeen weet wat ’n brak(hond) is, maar vra bietjie en kyk hoeveel uiteenlopende antwoorde jy kry.

Elkeen weet ook wat hoog is, letterlik of figuurlik. Maar dan kry jy voorbeelde soos hierbo waar hoog lank nie hoog is nie. En dan die tweeling wat ook hierbo staan. Dis twee wat uit dieselfde swangerskap gebore is. Maar elkeen van hulle is apart ook ’n tweeling, hoe onlogies dit kan klink.

Jy kan met die taal nie stry nie. Ook wanneer iemand sê ''bittere koue vannag''. Praat hy van die nag wat verby is of van die een wat kom?
Gebrek aan logika kan pret afgee. ’n Leser stuur die een van die ma wie se stoof op staak was. Toe stuur sy haar seuntjie met ’n briefie na buurvrou: “Ek stuur die hoender saam met my seuntjie wat jy moet gaarmaak.” ’n Ander een skryf van die tafel vir bejaardes met afskroefpote.

(Aangehaalde woorde uit dr. G. Ubbink: Karakterkundig woordenboek.)

Johan Spies, Taalgereedskap, 6 September 1993 © Die Burger, Media24  



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther