Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

kuberboelie s.nw. | kuberboelies | iemand wat op die internet, op sosiale webwerwe en/of in ander digitale ruimtes, iemand anders teister of afknou : Afstandwerk het die kantoor na die huis verskuif en alle ander werklikhede het saamgetrek, soos konflik met die baas, kollegas ... en kuberboelies. Die rusies en die afknouery is egter privater en moeiliker om raak te sien (Finweek, 23 Maart 2021). Enigeen wat al oor hul voorkoms onder geniepsige tonge of kuberboelies deurgeloop het, kan getuig van die langtermyngevolge wat dit moontlik op jou selfbeeld en geestesgesondheid kan hê (Huisgenoot, 8 Augustus 2019). | SINONIEM(E): kuberafknouer | ENGELS: cyberbully
afleiding(s):
kuberboeliery | ENGELS: cyberbullying


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther