Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
homselwers vnw. (informeel, skertsend of versterkend) self; homself; in lewende lywe: › Laaste maar nie die minste nie takel Audi die ren met ’n formidabele jaerspan: Mattias Ekström, Carlos (El Matador) Sainz en mnr. Dakar homselwers, Stéphane Peterhansel, wat die ren al 14 keer gewen het (Egmont Sippel, Rapport, 1 Januarie 2023). › Frik du Preez was daardie jare sy groot held. Hy het sy sakgeld bymekaar geskraap om vir hom plakkate van dié groot Springbok te koop. In 2018 het hy dié ervaring in ’n Netwerk24-artikel gedeel en “toe bars die wêreld vir hom oop” met ’n oproep van die legende homselwers (Heindrich Wyngaard, Rapport, 9 Mei 2021). ◌ TEENOOR: haarself ◌ ENGELS: himself
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord