Bygewerk op 22 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

kudde-immuniteit s.nw. [geen meervoud] immuniteit van ’n groep teen ’n bepaalde infeksiesiekte: Elke wetenskaplike en ekonoom wat sy of haar sout werd is, het vroeg verlede jaar al gewaarsku dat ’n entstof die enigste manier is vir bevolkings om gou kudde-immuniteit op te bou sodat ekonomiese aktiwiteite na normaal kan terugkeer (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 8 Januarie 2021). Wetenskaplikes het vroeër aangevoer kudde-immuniteit sal ontstaan as 70% tot 80% van die bevolking geïnfekteer is. Kudde-immuniteit is wanneer ’n groot deel van die bevolking immuniteit teen die virus opgebou het en nie weer daarmee besmet kan word of ander daarmee kan besmet nie (Netwerk24, 17 September 2020). Boris Johnson, die Britse premier, het aanvanklik 'n benadering van “kudde-immuniteit” gevolg, maar intussen onder meer aangekondig skole moet sluit (Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). | SINONIEM(E): groepsimmuniteit | ENGELS: herd immunity

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther