Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
help-my-sterk-lyk-hempie s.nw. | help-my-sterk-lyk-hempies | (informeel, skertsend) (dikwels moulose) hemp of T-hemp wat nou om ’n (gespierde) bolyf span en (gespierde) arms vertoon: › Diegene wie se gunsteling-deel van die Australiese Ope Alexander Zverev se armspiere in daai help-my-sterk-lyk-hempie was, moet nou ’n ander rede kry om in te skakel (Marizanne Kok, Netwerk24, 16 Februarie 2021). › Hier was so ’n mannetjie met ’n help-my-sterk-lyk-hempie wat kom stront praat het (Facebook, 24 Oktober 2018). › Giggel ek vanaand weer lekker by myself in die kafee terwyl ek wag vir my bestelling slap tjips. In kom die jong pierewaaiertjie, kompleet met help-my-sterk-lyk-hempie, highlights in die hare, te groot broek en onderbroek wat wys (Deon Johnston, Facebook, 9 Augustus 2014).
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek