Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
heteronormaal b.nw. | heteronormale | (kwetsend) wat uitgaan van die oortuiging dat heteroseksualiteit die sosiaal aanvaarde norm, standaard en verwagting vir seksuele oriëntasie is: › Ek lees nie gewoonlik liefdesverhale nie – al daardie heteronormale, hormoonbelaaide oomblikke wat uitloop op ’n huwelik raak soms te veel vir my (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023).
◌ ENGELS: heteronormal
KYK OOK: hetero-normatief, hetero-normatiwiteit
samestelling(s):
heteronormaliteit
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam