Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hologram s.nw. | hologramme | hologrammetjie | fisieke struktuur, ’n voorwerp of persoon, wat gesien word wanneer lig in ’n verligte holografiese afdruk afbuig of wanneer ’n laser daardeur skyn en die beeld op so ’n wyse geprojekteer word dat die brein dit as ’n driedimensionele voorwerp waarneem: › Dalk was dit die beelde van die wuiwende hologram van ’n baie jong koningin Elizabeth in die geskiedkundige goue staatskoets van 260 jaar wat ’n mens laat wonder het of die jubileum-Pimms te sterk was (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 8 Junie 2022). › Olifante, perde en selfs goudvisse is van die groot sterre in dié Duitse sirkus – en hulle is almal hologramme (Sandy Cook, Huisgenoot, 28 Junie 2019). › Voor op die verhoog staan pres. Cyril Ramaphosa. Dit lyk of dit regtig hy is, nie die flonkerende hologram van hom wat Vrydag voor ’n gehoor in Rustenburg geprojekteer is nie (Waldimar Pelser, Rapport, 7 Julie 2019). › ’n Driedimensionele hologram benodig bykans vier keer soveel datakapasiteit as ’n gewone ultrahoëdefinisievideo.
KYK OOK: → holografie
samestelling(s):
hologrambril
hologramtegnologie
hologramvertoning
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend