Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

klikaas s.nw. [geen meervoud] opvallende skakels en/of sensasionele opskrifte en foto’s op webblaaie en in die sosiale media geplaas deur reklamemakers wat die nuuskierigheid van gebruikers probeer prikkel om daarop te klik, en wat die gebruiker dan neem na advertensies met onbetroubare/onakkurate inligting of nuus/artikels van lae/twyfelagtige gehalte: Toegang tot die internet beteken enigiemand wat tegnologies net effens vaardig is, kan “nuus” skep en dit die kuberruim instuur. Daarom moet die gewone verbruiker bewus wees daarvan dat jy maklik ore aangesit kan word – veral met verleidelike opskrifte as klikaas (Lizette Rabe, Netwerk24, 29 November 2016).ENGELS: clickbait
samestellings:
klikaaswerf: Verantwoordelike nuusmedia gebruik ook opskrifte en foto’s om jou oor te haal om op ’n storie te klik of na ’n video te kyk, maar klikaas-werwe gaan doelbewus veel verder. Hulle oordryf, hulle mislei, hulle lieg soms blatant, of hulle probeer sensasie skep waar dit nie bestaan nie (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020). Die groot gevaar is dat klikaas-werwe afbreuk doen aan die algemene geloofwaardigheid van digitale media (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 8 Mei 2020).ENGELS: clickbait website


  Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther