Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hookah s.nw. | hookahs | (Indië) ◌ Ook (Pakistan) huqqa ◌ okkapyp: › Hier [in Kolkata] gebruik almal ’n hookah en niemand kan daarsonder klaarkom nie. Daar is gereeld mans wat verklaar dat hul aandete liewer van hulle ontneem kan word, eerder as hul hookah (Ilse Zietsman, Rapport, 6 September 2020). ◌ SINONIEM(E): okkapyp | waterpyp ◌ ENGELS: hubbly bubbly | waterpipe → okkapyp
oorsprong:
Hindoestani hookah, huqqa waterpyp
samestelling(s):
hookahpyp: › Ná welverdiende rus gaan soek ons die Nyl te voet. Ons vleg deur die verkeer en kry die rivier en ’n drywende restaurant. Verligte bootjies vaar langs ons verby. Oud en jonk rook gegeurde tabak uit hookah-pype, ’n soort waterpyp, wat jy van die spyskaart af bestel (Piet en Karen Boshoff, Weg, 20 Mei 2019).
hookahtabak: › In Strandfontein het die beamptes gereageer op talle klagtes van spazawinkels wat tabakprodukte verkoop het tydens die inperkingstydperk. ’n Groot hoeveelheid sigarette en gegeurde hookah-tabak is gekonfiskeer en die eienaars is beboet (Warda Meyer, Netwerk24, 17 Mei 2020).
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief