Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
HNWI afk., s.nw. | HNWI’s | [afkorting van hoënettowaarde-individu] individu met ’n hoë netto waarde: › Die verslag bied ’n omvattende 10-jaaroorsig van die luukse sektor in Afrika, insluitend besteding en beleggingstendense onder die vasteland se individue met ’n hoë netto waarde (HNWI’s) (Joan Muller, Vrye Weekblad, 27 Mei 2022). › Die getal individue met ’n hoë netto waarde (HNWI’s) in Suid-Afrika het met 18% afgeneem, van 46 800 aan die einde van 2014 tot 38 500 aan die einde van 2015 (Finweek, 10 Maart 2016). › Ander bevindings [...] is dat lande waar die Christelike geloof oorheers, onder die rykstes is. Sewe uit die tien rykste lande volgens getal individue met ’n hoë netto waarde (HNWI’s), of individue met netto bates van $1 miljoen of meer, is Christenlande – Amerika, Brittanje, Duitsland, Switserland, Kanada, Frankryk en Australië. China, Japan en Indië is die ander drie (Finweek, 19 Februarie 2015).
◌ ENGELS: high net worth individual
samestelling(s):
HNWI-inwoner
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel