Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hond s.nw. | honde | hondjie | ◌ ENGELS: dog
UITDRUKKING(S):
♦ die swart hond (informeel) depressie: › Die beeld van ’n swart hond wat in jou spoor draf, het sinoniem geword met depressie, die siekte van ons tyd (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 3 Maart 2023). › Toe hy sy werk verloor, het die swart hond aan hom begin knaag (Franco Havenga, Huisgenoot, 18 April 2019). › Omdat ek bipolêr is en ek [...] medikasie neem wat aan my ’n volhoubare lewe gee en my kan laat werk en die donker swart hond van my deur af laat wegbly, moet ek elke jaar my bloed laat toets (Amanda Strydom, Netwerk24, 8 Mei 2019). › Sy het derduisende mense met défaitisme en terneergedruktheid gehelp, maar het ten spyte van haar troebel kinderjare self nooit die swart hond se asem teen haar nek voel blaas nie (Herman Lategan, Rapport, 28 April 2019).
♦ die hond hardloop met die vadoek weg (informeel) gesê wanneer ’n broek tussen die boude intrek: › (Bianca Farao, Kuier, 15 Mei 2019).
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping