Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hulle vnw. ◌ Ook hul ◌
1 [meervoud] die groep mense, diere of dinge wat genoem is, van wie of waarvan gepraat word, oor geskryf word, of na verwys word: › Vandag is hulle agt maande getroud. › Ape wat naby kampe woon, is dikwels gewoond aan mense en sal nie sommer wegskarrel as hulle jou sien nie (WegRy, Julie 2017). › Ons besluit dat ek my bakkie by die padstal sal moet los en met die twee wiele en al saam met Hein Kaap toe sal moet ry om hulle daar te laat vervang (WegRy, Julie 2017).
2 [enkelvoud] die individu met ’n genderidentiteit wat nie spesifiek manlik of vroulik is nie, wat genoem is, van wie gepraat word, oor geskryf word, of na verwys word: › Lovato verkies die voornaamwoord “hulle” om hulleself te beskryf om daarmee die vloeibaarheid wat hulle voel in hul geslagsuitdrukking die beste voor te stel (Ross Michaels, Rapport, 23 Mei 2021). › C. word afgeknou omdat hulle gendervloeibaar is. ◌ ENGELS: they | them | their
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme