Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
identiteitspolitiek s.nw. [geen meervoud] (uit Engels) politiek bedryf vanuit die sosiale identiteit van ’n bepaalde (minderheids)groep, saamgesnoer deur ’n sterk gevoel dat een of ander maatskaplike onreg hulle aangedoen word: › Wanneer identiteitspolitiek, veral godsdiens, etnisiteit of ras, deel van die gesprek word, raak dit selfs morsiger (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 23 September 2022). › In die breë gesien is Suid-Afrikaanse kiesers se gedrag besig om te verander. Identiteitspolitiek, hetsy volgens volk, etniese groep, geloof of streng ideologie, gaan waarskynlik al hoe meer aanvaarbaar word (Ina Gouws, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019). › Identiteitspolitiek kan verwys na politieke bondgenootskappe wat gevorm word vanweë gedeelde identiteite naas ras: godsdiens, kultuur en etnisiteit is alles voorbeelde van politieke raakpunte (Paul Berkowitz, Rapport, 7 Julie 2019). › “[Emily Hobhouse] het waardes van medemenslikheid gekies bo verdeeldheid en identiteitspolitiek sonder om haar identiteit prys te gee” (George Michalakis aan Kaydene Davids, Netwerk24, 7 April 2019). › In die era van vuurwarm debatte oor identiteitspolitiek is manlikheid, veral manlike seksualiteit, en wat dit vir wie beteken, voortdurend onder die vergrootglas (Hannelie Booyens, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). ◌ ENGELS: identity politics
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme
iftaar
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis