Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (figuurlik) kwytskelding; begenadiging; genadeverlening: › Spoedvrate het dalk ’n kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie gekry omdat daar wetlike probleme is met ’n laser-spoedmeter wat landwyd gebruik word (Jeanne-Marié Versluis, Rapport, 7 Julie 2019). › Dit behoort ’n duidelike boodskap aan Suid-Afrika en sy pluimveebedryf te stuur dat hulle nie ’n kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie gegee sal word elke keer wanneer [gunstige wetgewing] om die hoek kom nie (Hanlie Stadler, Sake24, 6 November 2015). › Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) se besluit om die land op beleggingsgraad te hou, is egter nie ’n kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie nie (Vida Booysen, Netwerk24, 5 Desember 2016). ◌ ENGELS: “get out of jail free” card
oorsprong:
Na die gelyknamige kaartjie met dié funksie in die bordspel Monopoly.
knielplankry
knielskaats
knoffeltoontjie
knyptang
kodewisseling
koebaai
koeklik
koekoes
koeloekoets
koep
koffie
kohortverpleging
koji
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
kontakopsporing
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis