Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
implementeer ww. | het geïmplementeer | ◌ ENGELS: implement
’n Woord wat in Afrikaans voortwoeker, is implementeer, wat boonop soms verkeerd gespel word as *implimenteer. Dit word gebruik in navolging van ’n Engelse hebbelikheid. In sy boek Die juiste woord het L.W. Hiemstra die Engelse taalman Fowler aangehaal: “Undertakings, recommendations, promises and obligations are never now fulfilled or carried out or kept or observed or discharged; implemented must always be the word”.
Weliswaar word implementeer deur ons woordeboeke erken, maar ons behoort nie toe te laat dat dit eenvoudige, goeie Afrikaanse woorde soos uitvoer en toepas verdring nie. In plaas van te sê dat ’n wet “geïmplementeer” word, kan gesê word dat dit toegepas word. ’n
Besluit kan uitgevoer word. Ons het implementeer daar nie nodig nie.
J.J.J. Scholtz
Taalgereedskap, Die Burger, 30 September 1991 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme
iftaar
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika