Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
inentingspaspoort s.nw. | inentingspaspoorte | bewys wat toon dat iemand teen ’n aansteeklike siekte ingeënt is en gevolglik, deur die werking van die entstof, (’n mate van) immuniteit teen die siekte behoort te hê, met die bedoeling dat so ’n persoon, uit vrees vir aansteeklikheid en verspreiding van die betrokke virus, aan minder beperkings onderwerp hoef te word: › Alles dui daarop dat ’n inentingspaspoort moontlik ingestel gaan word voordat die vierde covid-19-golf Suid-Afrika soos voorspel in Desember gaan tref (Joylene van Wyk, Landbou.com, 16 September 2021). › Die kabinet het die moontlike instelling van ’n digitale inentingspaspoort bespreek op sy lekgotla (Joylene van Wyk, Landbou.com, 16 September 2021). › Inentingspaspoorte of -sertifikate sal elektronies beskikbaar wees op selfone en sal korreleer met ’n persoon se identiteitsnommer en besonderhede op die stelsel toe die persoon ingeënt is. Dit sal nie van die een mens na ’n ander oorgedra kan word nie (Marietjie Gericke, Netwerk24, 21 September 2021).
◌ SINONIEM(E): inentingsertifikaat | inentingskaart | inentingspas | enstofpaspoort
◌ TEENOOR: immuniteitspaspoort
◌ ENGELS: vaccine passport
KYK OOK: immuniteitspaspoort
ietsisme
iftaar
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk