Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
inentingsweifeling s.nw. [geen meervoud] huiwering of teësin om jou teen ’n siekte te laat inent: › Inentingsweifeling is ’n groot probleem. Daar was die afgelope paar weke talle nuusberigte oor die tragiese verhale van mense wat aan Covid-19 dood is omdat hulle teen die inenting besluit het (Vrye Weekblad, 17 September 2021). › Inentingsweifeling kan teruggespoor word na 1796 toe die staat mense verplig het om hulle teen pokke te laat inent. Mense het bespiegel dat die inentings gaan veroorsaak dat koeikoppe by hul lywe uitgroei (Jana Marx, Netwerk24, 29 Julie 2021).
◌ SINONIEM(E): inentingshuiwering
◌ ENGELS: vaccine hesitancy
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar