Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 23 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
infografiek s.nw. | infografieke, (versamelnaam) infografika | visuele voorstelling van gegewens in die vorm van ’n grafiek of diagram: › As jy weer om ’n lening aansoek doen of ’n kredietfasiliteit gebruik, is dit die moeite werd om te weet of jy goeie of slegte skuld aangaan. Ons infografiek verduidelik die verskil (Sanlam.com, 7 Maart 2019). › Media24 se hoof van weeklikse tydskrifte som [Huisgenoot se] suksesresep só op: “Ek dink dis ’n mengsel van ‘o, my liewe hemel, ek het nie dit geweet nie’, van skinderstories tot wenresepte, infografieke vir die kleinspan, en daardie onweerstaanbare brokkies nuus (Huisgenoot, 20 Mei 2016). › Gebruik die interaktiewe infografika so: Vind ’n spesifieke skool in die lys en hou jou rekenaarmuis oor die kolletjie. Só sal jy kan sien hoe die skool se wiskunde-prestasie in 2018 se matriek-eindeksamen met dié in 2017 vergelyk (Netwerk24, 13 September 2019). ◌ ENGELS: infographic
oorsprong:
Sametrekking van info(rmasie) + grafiek
KYK OOK: infografika
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek
infografika
inkommer
inkwoord
inligtingsmous
inligtingstorting
innie
inperking
inperktyd
inplantaat
insekboerdery
insekhotel
insekmelk
instagrambaar
Instagram-generasie
intellektueel
intelligensie
interleukien
internet
Internet van Dinge
internetberoemde
internetmagnaat
internetonderskepping