Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
implantaat s.nw. | implantate | (verouderend)
Ook inplantaat
liggaamsvreemde element, byvoorbeeld van metaal of plastiek, wat chirurgies in die liggaam van ’n mens ingevoeg/ingeplant word: › Vroue [wat ’n mastektomie ondergaan het] kan óf ’n implantaat-rekonstruksie kies óf ’n outoloog- of “flap”-rekonstruksie. Eersgenoemde verwys na die inplant van ’n implantaat wat [’n soutoplossing] of silikoonjel (of ’n kombinasie van die twee) bevat onder die pektorale borsspier. (Karla Janse van Vuuren, Rapport, 14 Oktober 2018). › Kunsgebitte, ’n plaatjie, implantate en brûe kan kos en bakterieë vasvang (Huisgenoot, 3 Mei 2019). › Spasies tussen tande kan met harsmateriale opgevul word. Soms word porseleinkrone gebruik om dié probleem op te los. Spasies waar tande afwesig is, kan toegemaak word met verwyderbare kunsgebitte, kroon- en brugwerk, of implantate (Die Burger, 29 Mei 2000).
◌ SINONIEM(E): inplanting
◌ ENGELS: implant
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan
ienagge
ieqaamah
ieshaa
ietsisme
iftaar
IG
IKT
imbawula
immigrant
immuniteitsertifikaat
immuniteitskaart
immuniteitspas
immuniteitspaspoort
impepho
implantaat
implementeer
implementeringswetenskap
in vitro-vleis
inblykonsert
indie
indlamu
indringerware
inentingsertifikaat
inentingshuiwering
inentingskaart
inentingspas
inentingspaspoort
inentingspolarisasie
inentingsweifeling
infantiliseer
infeksiekurwe
infeksierisiko
infeksieroete
infeksie-tsoenami
infeksievrees
infertiliteit
infodemie
infografiek