Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
komplotter s.nw. | komplotters | (informeel, skertsend)
1 iemand wat ’n komplot smee. ◌ ENGELS: conspirator | plotter
2 (neerhalend, beledigend) iemand wat samesweringsteorieë glo en/of verkondig: › Vir ’n kort rukkie kon mense voorgee die ekonomie is nie in sy maai nie [...] Dis nou behalwe vir die groepie komplotters wat op sosiale media floreer en dit alles [koningin Elizabeth se jubileumviering] geïnterpreteer het as bewys dat die koningin, soos die pous, al lankal dood is (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 8 Junie 2022). › Hoewel daar geen wetenskaplike bewyse is dat immunisering jou kind kan benadeel nie, is die komplotters nie oortuig nie. Daar is ’n reusekloof tussen wetenskaplike bewyse en wat hulle glo die verborge waarheid is (Sarie.com, September 2020). › Die komplotters weet nie mooi wat om van dié een te maak nie: As 5G dan deel is van die internasionale sameswering om die bevolking kleiner te maak en ons almal aan die tirannie van ’n enkele wêreldregering te onderwerp, waarom baklei een deel van die Amerikaanse regering daarvoor en ’n ander deel daarteen? (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 7 Januarie 2022). ◌ SINONIEM(E): komplotdenker | komplotmarmot ◌ ENGELS: conspiracy theorist
KYK OOK: samesweringsteorie
kodewisseling
koebaai
koeklik
koekoes
koeloekoets
koep
koffie
kohortverpleging
koji
kokonbestaan
kokonkoors
koljanna
kolorisme
kolostomiesakkie
kolskootkryger
kombês
komboecha
komboetja
kombucha
kom-gratis-uit-die-tronk-kaartjie
kommerspek
kômmintaar
komorbiditeit
komplotter
komvandaan
konkombers
konsentrasiekrisis
konsepkruiping
kontakopsporing
kontrak
kontverstom
kooigoed
kook
koolstofspoor
koolstofvoetspoor
koortjie
kop
kopfok
kophospitaal
kop-in-die-sand-benadering
koplesboek
kopnota
koppeltreinhuis
kopskuif
kopskuiwer
kopsprong
korona