Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
houtoog s.nw. [geen meervoud] (figuurlik, informeel)
1 ’n fyn of skerp oog vir iets: › Lindie, bekroonde akteur en teksskrywer, het ’n houtoog vir teenstrydighede en ironie (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 3 Maart 2023).
2 ’n blik wat nie wyk nie.
› met ’n houtoog (aan)kyk / loer / uitkyk stip kyk (na); fyn dophou: › Die drietal [...] kyk die gerangskikte skulpies houtoog aan, asof dit orakeltaal kan praat (George Weideman, Draaijakkals, 1999). › Waar M. nou ook al die slag uitdraf, boe die teenstanders se ondersteunersklub hom en kyk die skeidsregter hom met ’n houtoog uit (Die Burger, 30 Januarie 1993). › My dokter sê ek moet my cholesterol met ’n houtoog loer, maar hoe is so iets moontlik as die skaap so mediumgaar is met ’n mosterdsousie en ’n krummellagie en ’n rösti so groot soos ’n Frisbee langs hom, en spinasie, wortels en prei in die laaste bietjie oop spasie op die bord (Die Burger, 30 April 1993).
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hondtrovert
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=
houtoog
hubristofilie
huisoutomatisering
huisrobot
hulle
hulpbronbehoewend
huts
hutsetiket
hutsmerk
hutsteken
hutswoord
hutswoordkaping
HVK
hys
IAAF
idealiter
identiteit
identiteitsdief
identiteitspolitiek
IDV
ie
IE
iederelk
iemaan