Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Holi s.nw. [geen meervoud] (Hindi) Ook Holifees
een van die grootste feeste van die Hindoegodsdiens wat jaarliks, veral in Noord-Indië, rondom Maart en die begin van die lente (in die maand Phaalguna van die Hindoekalender) plaasvind, as ’n nuwejaarsfees en om die oorwinning van goed oor kwaad te vier: › Die Holi-fees lui die begin van die lente in die Noordelike Halfrond in, asook die oestyd (in Maart). Almal sing en dans van blydskap. Feesgangers spuit mekaar met gekleurde water en poeier. Ter viering van die fees eet mense spesiale kos saam (Huisgenoot, 23 Augustus 2019). › ’n Indiese lugdiens het twee van sy vlieëniers se vlerkies voorlopig geknip omdat hulle glo tydens ’n vlug koffie en lekkernye in die stuurkajuit genuttig het [...] Die vlieëniers het glo koffie gedrink en dit geniet saam met gujiyas, ’n soet gebraaide pasteitjie wat tradisioneel op Holi geëet word (Netwerk24, 16 Maart 2023).
◌ SINONIEM(E): Fees van Kleure | Holi-Phagwa | Phagwa
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi
Holifees
hollang
hollanger
holografie
hologram
Holoseen
holvesel
hommeltuig
hommeltuigswerm
homselwers
hond
honderd-bedonnerd
hondjies
hondtrovert
hongi
hoofstroom
hoog
hookah
Hoorn
hospitaal
hou
houdingsrassisme
hout=