Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
hidroksichlorokien s.nw. [geen meervoud] (farmakologie, geneeskunde) middel wat vir die voorkoming en bestryding van malaria gebruik word: › Die jongste aankondiging van Indië is dat hy die uitvoer van die malariamiddel hidroksichlorokien staak. Dit is nadat dit as ’n potensiële middel teen Covid-19 beskou is, maar dit is nog nie bewys nie (Netwerk24, 31 Maart 2020). › Op ’n bisarre wyse wil dit voorkom asof een en elke lid van die Trump-administrasie bereid sal wees om in ’n irrasionele waan hidroksichlorokien te sluk om Covid-19 te besweer (Vrye Weekblad, 22 Mei 2020).
◌ ENGELS: hydroxychloroquine
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hikikomori
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger
Holi