Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hibried b.nw. | hibriede | ◌ Ook hibridies | hibridiese | ◌ wat bestaan uit twee verskillende elemente of komponente wat in wese dieselfde funksie verrig. ◌ ENGELS: hybrid
› hibriede geleentheid konferensie, seminaar, vergadering, werkwinkel of dergelike waarby sommige deelnemers direk, in persoon, teenwoordig is terwyl ander, terselfdertyd, virtueel/aanlyn deelneem: › Oor die algemeen behels die virtuele komponent van ’n hidbriede geleentheid ’n aanlyn voorstelling van die regstreekse gebeurtenis. › ’n Hibriede geleentheid kan bygewoon word deur deelnemers op verskillende plekke in ’n land of in die wêreld. Dié wat kan, kom byeen in ’n lokaal waartoe deelnemers elders via ’n regstreekse oudio- of videostroom toegang het. Deelnemers wat ’n hibriede vergadering virtueel bywoon, sien materiaal, soos skyfies, foto’s, video’s en dergelike, wat aanlyn aangebied word. Hulle kan van waar hulle ook al is, die verrigtinge direk volg en direk praat met almal wat fisies in die lokaal teenwoordig is, asook al die ander deelnemers op ander plekke. ◌ ENGELS: hybrid event | hybrid meeting
› hibriede onderwys kombinasie van fisieke onderwys, soos in ’n klaskamer of lesinglokaal, en aanlyn of digitale onderwys. ◌ ENGELS: hybrid teaching
› hibriede oorlog oorlog waartydens, naas wapens, ook ander middele, soos ekonomiese sanksies, kuberaanvalle en dergelike aangewend word: › Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, het in ’n toespraak op die 80ste dag van die oorlog in Oekraïne gesê “die kollektiewe Weste het ’n hibriede oorlog teen ons verklaar” (Netwerk24, 17 Mei 2022). ◌ ENGELS: hybrid war
› hibriede oorlogvoering oorlogvoering met, naas wapens, ook ander middele: › Volgens inligting is kuberaanvalle nou ’n geïntegreerde deel van die aanslag op die land en kan ’n mens dus verwys na hibriede oorlogvoering – waar verskillende vorme van aanvalle gebruik word (Basie von Solms, Netwerk24, 2 Maart 2022). ◌ ENGELS: hybrid warfare
› hibriede werk werk wat deels op kantoor, weg van die huis, gedoen word, en deels by die huis: › Daar is hierdie neiging om afstand- of hibriede werk aan onproduktiwiteit gelyk te stel, en dit is so ’n refleksreaksie. As iemand agt uur lank op kantoor is, beteken dit jy kry agt uur se produktiwiteit? Dis blote twak (Dion Chang, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › In Brittanje, waar geen inperkingsregulasies meer heers nie, word verkope by die klerewinkels Office steeds geraak deur hibriede werk, dus mense wat aanhou om minstens sommige dae van die huis af te werk (Hanlie Stadler, Netwerk24, 4 November 2022). ◌ ENGELS: hybrid work
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK
HNWI
hoeha
hoek
hoeka
hoender
hoendervoet
hoëoktaan-
Hoerikwaggo
hoernalis
hoerpyp
hoes
hoe-se-naam
hoesskaamte
hokslaantyd
holhang
holhanger