Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
hek s.nw. | hekke | hekkie |
UITDRUKKING(S):
♦ in die hek duik (informeel) teëspoed kry; misluk: › Terwyl ek tik, is dit die aand voor die kriekettoets teen Indië op Nuweland en terwyl u lees, het onse Proteas dalk reeds in die hek geduik of Indië in die hoek gedwing vir ’n sensasionele reekssege, hoe kan ’n man raai met dié span? (Louis de Villiers, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024). › As regsoewereiniteit en verantwoordbaarheid in die hek duik, word die Grondwet net ’n stuk nuttelose papier (Max du Preez, Vrye Weekblad, 24 September 2021). › As R. die stang vasbyt en sy teenstanders vierkant in die oë kyk, gaan hy ’n rebellie in sy eie party ontketen. As hy dit nie doen nie, gaan die vertroue wat die private sektor en die beleggingsgemeenskap in die ekonomie het, ernstig in die hek duik (Max du Preez, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). › Dit is jammer dat die spanningslose draaiboek grotendeels poer-poer en daarom in die hek duik (Christiaan Boonzaier, Netwerk24, 27 Desember 2019). ◌ ENGELS: fall flat | fail
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem
heemverbinding
heen-en-weerdery
Heilige Nag
hek
hekel
helikopterma
helikopterouer
help-my-sterk-lyk-hempie
herbruikbaar
herinneringstuin
herlewingsboerdery
herlewingslandbou
hersikleer
herstelknoppie
hertwiet
herverbeel
heteronormaal
hetero-normatief
hetero-normatiwiteit
hibried
hidjab
hidroksichlorokien
hidrolise
hierjy-
hipermedia
hipster
HKGK