Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
hak x haak
Daar is ’n betekenisverskil tussen die werkwoorde hak en haak.
Om te haak is om “vas te maak”, “op te hang” of “nader te trek”. Hiervan is die selfstandige naamwoorde haak, hakies en haker afgelei. Ons bekendste idioom met haak is in die haak wees.
Haak is ook histories ’n wisselvorm van hoek. Die verband is nog duidelik te sien in ’n samestelling soos vishoek, en minder duidelik in winkelhaak.
In Middelnederlands (die Afrikaans van 1 000 jaar gelede) beteken winkel nie net “verkoopplek” nie. Dit beteken in eerste instansie “hoek”, veral “regte hoek”. Op die hoek van die straat is daar die grootste samedromming van mense. Daarom ontstaan verkoopplekke in die laat Middeleeue veral op hoeke. Ons woord winkel beteken oorspronklik niks anders as “hoek” nie.
Winkelhaak, soos ’n bepaalde soort skeur heet, is ’n skeur wat die vorm van ’n regte hoek het. Winkelhaak, soos ’n bepaalde tipe gereedskap heet, is ’n toepassing van dié gedagte: dit is ’n instrument waarmee mens veral regte hoeke maak. Die byvoeglike naamwoord haaks is hiervan afgelei.
Moeilikheid kom deurdat ons die lang aa van die werkwoord haak én die selfstandige naamwoorde wat daarvan afgelei is, dikwels, miskien selfs meestal met ’n kort a uitspreek. ’n Onderliggende lang aa wat kort uitgespreek word, is hoegenaamd nie beperk tot dié familie woorde nie. Luister maar hoe spreek mense in die omgang woorde soos die volgende uit: gaan, graag, aarbeie, aartappel, vaarwel, waaragtig en maar.
Die werkwoord hak, met een a, beteken om te “kap” of “fyn te sny”. Hiervan is die byvoeglike naamwoord gehak en die selfstandige naamwoorde haksel en hakker afgelei. Gehakt is vandag nog in Nederlands die woord vir fyngekapte of gemaalde vleis. Ons frikkadel is hulle bal gehakt.
Haksel is ’n gereg wat ons vandag nie meer baie sien nie, veral nie in die stede nie. Dit word gemaak van gaar harslag wat fyn gekap word. Haksel is dus 'n -sel-afleiding van hak (ww.).
Hakker ken die Afrikaanssprekendes bietjie beter. In die Bybel word daar byvoorbeeld gepraat van die “houthakkers en waterdraers”. Dié “houthakkers” is fynhoutmakers.
Die selfstandige naamwoord hak wat “polvy” en ook “agterdeel van die voet” beteken, is etimologies verwant aan die werkwoord haak. Maar dit is ’n baie verlangse verwantskap. Dit is genoeg om te onthou dat alle gevalle van hak wat met polvye en hakskene te make het, gespel word met een a. Ek dink byvoorbeeld aan hoëhakskoene.
Terloops, wat het van polvy geword? Hoekom gebruik ons deesdae omtrent net hak?
Nou, skryf mens: die knoop deurhaak? Of: die knoop deurhak? Deurhak met die een a is reg, want die knoop waarvan hier sprake is, word deurge-“kap”, figuurlik gesproke.
Die uitdrukking kom uit die Griekse mitologie. ’n Orakel het voorspel dat die geweldige knoop wat koning Gordius van Frigië gemaak het, slegs deur die toekomstige veroweraar van Asië losgemaak sou kon word. Volgens oorlewering het Aleksander die Grote, wat nie die knoop kon loswikkel nie, dit toe met sy swaard deurgekap. Vandaar: die (Gordiaanse) knoop deurhak.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 15 November 1993 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser