Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
handblitser s.nw. | handblitsers | handblitsertjie | [dikwels afgekort of verkort tot blitser] (kookkuns) elektriese handtoestel waarmee voedsel gemeng/gekap/fyngemaak word: › Blits alles (met vet en vel) met ’n handblitser of in ’n voedselverwerker tot baie fyn (Anél Potgieter, Netwerk24, 28 Junie 2015). › Ek onthou nog hoe my ma dan die vloeistof deur ’n sif gooi en die boontjies met ’n houtlepel deurdruk om dit heeltemal fyn te maak (dis nou in die dae voor blitsers) (Liezel de Lange, Netwerk24, 20 Julie 2014).
◌ ENGELS: hand blitzer
KYK OOK: blits
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam
hare
hart
harts-
hartsmens
hasjisj
hayibo
HDPE
heem