Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
haaiwag s.nw. | haaiwagte | Ook haaiwagter | haaiwagters |
iemand wat opgelei is om haaie in die see te gewaar en langs die kus waghou of ’n strand patrolleer om branderryers en baaiers betyds te kan waarsku, sou die teenwoordigheid van ’n haai of haaie moontlik vir hulle gevaar inhou: › Dennis is ’n haaiwagter. Hy moet sorg dat swemmers en branderplankryers nie deur haaie aangeval word nie (Herman Lategan, Rapport, 16 Mei 2021). › Die haaiwagters word goed opgelei. Hulle word ’n kans gegun om hul lewens te verbeter. Daar is twee vyf uur lange skofte. Omdat die werk intense konsentrasie verg, kan jy nie langer as daardie hoeveelheid tyd oor die see tuur nie (Herman Lategan, Rapport, 16 Mei 2021). › Randall beskryf ’n goeie haaiwagter as iemand wat deeglike kennis van haaie, die see, plaaslike omgewing en noodhulp het (Cara-Lee Scheun, Netwerk24, 22 Julie 2015).
◌ SINONIEM(E): haairoeper
◌ ENGELS: shark spotter
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamburgerknoppie
hamburgermenu
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger