Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
haatspraak s.nw. [geen meervoud] direkte aanval op iemand gegrond op sy/haar ras, etnisiteit, land van oorsprong, geloofsaffiliasie, seksuele oriëntasie, kaste, seks, gender, genderidentiteit, of ’n ernstige siekte of gestremdheid, of ouderdom: › Ons kommentaarbeleid: […] Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie ’n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie (Netwerk24). › ’n Mens hoef nie lank óf diep in private of geslote groepe op sosiale media te gaan krap om op talryke gevalle van haatspraak af te kom nie (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 13 November 2020). ◌ ENGELS: hate speech
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal
hallelujavoete
haloep
hamster
hand
handblitser
handdrukverbod
handeklapkerk
handelsmerkambassadeur
handjel
handlappie
handreiniger
handwasser
hanna-hanna
Hanuman
Hanyu Pinyin
hap
hapax
hapax legomenon
hapties
haraam