Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
grensverskuiwer s.nw. | grensverskuiwers | (figuurlik) (t.o.v. verrassende ontdekkings, radikale vernuwings, en so meer) iets of iemand wat nuwe, wyer grense daarstel: › Harris tree as Biden se verkiesingsmaat toe in ’n tyd van skerp verdeeldheid in Amerika. Of sy ’n grensverskuiwer sou kon wees, sal eerstens deur die uitslag van die verkiesing bepaal word (Die Burger, 17 Augustus 2020). › Theunis Engelbrecht, self ’n lid van die Voëlvry-beweging, kyk na die werk, die vraagstukke, die invloede en veral na die pioniers en grensverskuiwers van Afrikaanse musiek (Beeld, 22 November 2004).
◌ ENGELS: groundbreaker
KYK OOK: spelveranderaar
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM