Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

groen b.nw. [attr. en pred.]

groen energie
Ook groenenergie

(ekologie) energie wat opgewek word op maniere wat die omgewing beskerm en die aarde se natuurlike hulpbronne bewaar: Suid-Afrika werk al ’n paar jaar lank saam met Amerika, Brittanje, Frankryk, Duitsland en die Europese Unie aan ’n plan om Suid-Afrika se “regverdige oorgang” na groen energie te befonds (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 11 November 2022).
SINONIEM(E): hernubare energie | hernieubare energie
ENGELS: green energy


groen goud
1
(informeel) avokado’s: Soos die vraag na avokado’s toegeneem het, het daar ’n donker skadukant tot die bedryf toegetree – spesifiek in Mexiko, die moederland van die oro verde (groen goud), waar dwelmkartelle nou op die bedryf inbeweeg het (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 12 Maart 2021). Avokado’s is algemeen bekend as “groen goud” danksy die wêreldwye aanvraag wat pryse die hoogte in laat skiet (Vrye Weekblad, 8 Maart 2020). Die organisasie sê in die verslag makadamias is die duurste neut ter wêreld, terwyl avokado’s as “groen goud” bekend staan (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 4 Maart 2020).

2
(informeel) dagga: Nie almal is vandag hier omdat hulle gerook wil raak, nuuskierig is oor die daggaplant se beweerde kragte of wil leer hoe om dié “groen goud” vorentoe te delf nie (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 12 April 2019).
ENGELS: green gold


groen krag
Ook groenkrag

(ekologie) elektrisiteit wat opgewek word op maniere wat die omgewing beskerm en die aarde se natuurlike hulpbronne bewaar: Vir Suid-Afrika is steenkool ’n baie bekostigbare energiebron, maar daar is al hoe meer druk van banke en kampvegters vir groen krag om weg te skuif van afhanklikheid van steenkool (Francois Williams, Netwerk24, 1 Februarie 2022).
SINONIEM(E): hernubare krag | hernieubare krag
ENGELS: green power


groen kryger
Ook groenkryger

iemand wat daadwerklik streef na ’n meer volhoubaar omgewingsvriendelike samelewing, dikwels as lid van ’n omgewingsaktivistiese groep of organisasie: Ek vind dit liggies amusant dat dieselfde groen krygers wat aggressief daarop aandring om so effentjies as moontlik oor die planeet te trippel, hulle mond nie aan platkos (die advokaat se bydrae tot die Afrikaanse woordeskat) sal sit nie (Emilia Smuts, Vrye Weekblad, 17 November 2023).
SINONIEM(E): eko-aktivis
ENGELS: eco warrior


groen strook (ekologie) strook natuurlike plantegroei as beskermde/bewaarde natuurgebied in of wat grens aan ’n stad of ander ontwikkelde area: Die huis is reg langs ’n groen strook geleë, wat dit heerlik afgesonder laat voel, en danksy die welige tuin hoor of sien ons nooit bure of verbygangers nie (Jayne Brink, Tuis, November 2017). Om vleilande en ander groenstroke in ons stede te bewaar, beteken nie daar word na die pype gedans van 'n paar voëlkykers en naweek-piekniekgangers nie (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019). Wanneer ’n hittegolf ’n stad tref, sal groenstroke soos die herstelde vleiland in Makhaza in Khayelitsha, die Philippi-tuinbougebied op die Kaapse Vlakte of Princessvlei help om temperature in die nabyheid laer te hou as die hitte-eilande van geteerde parkeerareas of middestede vol wolkekrabbers (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019).
ENGELS: green belt | greenbelt


groen waterstof
Ook groenwaterstof

(ekologie) waterstof wat deur die elektrolise van water geproduseer word met elektrisiteit wat opgewek word deur ’n hernubare bron soos wind of sonkrag: Groen waterstof word deur elektrolise vervaardig, aangedryf deur hernubare energie, om later in waterstof en suurstof te verdeel – ’n proses wat geen CO2 vervaardig nie. Dit beteken groen waterstof kan die sleutel wees tot die ontkoling van die wêreld teen ’n koers wat hernubare energie op sy eie nooit sal regkry nie (Lisa Steyn, Vrye Weekblad, 13 November 2020).
ENGELS: green hydrogen


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther