Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
groenpoetser s.nw. | groenpoetsers | woordvoerder wat deur misleidende aansprake, inligting of reklame ’n produk, diens, bedryf of organisasie groener (= omgewingsvriendeliker en maatskaplik verantwoordeliker) voorstel as wat werklik die geval is: › ’n Groenpoetser suggereer dalk dat groensertifisering plaasgevind het, terwyl ’n legitieme groensertifiseringsproses inderwaarheid nooit plaasgevind het nie. ’n Misleidende groenetiket is dus ’n etiket waardeur omgewingsvoordele of -deugde op ’n onregmatige wyse aan ’n produk gekoppel word (Handré Brand, LitNet, 17 Mei 2021). ◌ SINONIEM(E): (uit Engels) groenwasser ◌ ENGELS: greenwasher
KYK OOK: groenpoetsery
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper