Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
grenstipe-persoonlikheidsteuring s.nw. | grenstipe-persoonlikheidsteurings | [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise) ◌ Ook emosioneel onstabiele persoonlikheidsteuring, (uit Engels) grenslynpersoonlikheidsversteuring ◌ persoonlikheid(sver)steuring wat gekenmerk word deur ’n onstabiele selfbeeld, onstabiele interpersoonlike verhoudings en sterk emosionele reaksies: › In ’n radio-onderhoud vertel M. hy vermoed sy pa het ook aan grenstipe-persoonlikheidsversteuring gely (Herman Lategan, Rapport, 24 Mei 2020). › Grenslynpersoonlikheidsversteuring [...] Gekenmerk deur oormatige persepsie van, en preokkupasie met, verwerping. ’n Konstante oormatige behoefte daaraan om spesiaal te voel, met heftige en ontoepaslike emosionele reaksies wat daarmee gepaard gaan indien die teendeel ervaar word. Krokodiltrane, en oppervlakkige, ongegronde gevoelens. Die ek-is-die-middelpunt-van-die-heelal-en-verdien-erkenning-drang wat in ’n oogwink gesneller kan word (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 3 Desember 2021). ◌ ENGELS: borderline personality disorder | BPD
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys