Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
groen b.nw. [attr. en pred.]
› groen energie ◌ Ook (onnodig) groenenergie ◌ (ekologie) energie wat opgewek word op maniere wat die omgewing beskerm en die aarde se natuurlike hulpbronne bewaar: › Suid-Afrika werk al ’n paar jaar lank saam met Amerika, Brittanje, Frankryk, Duitsland en die Europese Unie aan ’n plan om Suid-Afrika se “regverdige oorgang” na groen energie te befonds (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 11 November 2022). ◌ SINONIEM(E): hernubare energie | hernieubare energie ◌ ENGELS: green energy
› groen goud
1 (informeel) avokado’s: › Soos die vraag na avokado’s toegeneem het, het daar ’n donker skadukant tot die bedryf toegetree – spesifiek in Mexiko, die moederland van die oro verde (groen goud), waar dwelmkartelle nou op die bedryf inbeweeg het (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 12 Maart 2021). › Avokado’s is algemeen bekend as “groen goud” danksy die wêreldwye aanvraag wat pryse die hoogte in laat skiet (Vrye Weekblad, 8 Maart 2020). › Die organisasie sê in die verslag makadamias is die duurste neut ter wêreld, terwyl avokado’s as “groen goud” bekend staan (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 4 Maart 2020).
2 (informeel) dagga: › Nie almal is vandag hier omdat hulle gerook wil raak, nuuskierig is oor die daggaplant se beweerde kragte of wil leer hoe om dié “groen goud” vorentoe te delf nie (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 12 April 2019). ◌ ENGELS: green gold
› groen krag ◌ Ook (onnodig) groenkrag ◌ (ekologie) elektrisiteit wat opgewek word op maniere wat die omgewing beskerm en die aarde se natuurlike hulpbronne bewaar: › Vir Suid-Afrika is steenkool ’n baie bekostigbare energiebron, maar daar is al hoe meer druk van banke en kampvegters vir groen krag om weg te skuif van afhanklikheid van steenkool (Francois Williams, Netwerk24, 1 Februarie 2022). ◌ SINONIEM(E): hernubare krag | hernieubare krag ◌ ENGELS: green power
› groen kryger iemand wat daadwerklik streef na ’n meer volhoubaar omgewingsvriendelike samelewing, dikwels as lid van ’n omgewingsaktivistiese groep of organisasie: › Ek vind dit liggies amusant dat dieselfde groen krygers wat aggressief daarop aandring om so effentjies as moontlik oor die planeet te trippel, hulle mond nie aan platkos (die advokaat se bydrae tot die Afrikaanse woordeskat) sal sit nie (Emilia Smuts, Vrye Weekblad, 17 November 2023). ◌ SINONIEM(E): eko-aktivis ◌ ENGELS: eco warrior
› groen strook (ekologie) strook natuurlike plantegroei as beskermde/bewaarde natuurgebied in of wat grens aan ’n stad of ander ontwikkelde area: › Die huis is reg langs ’n groen strook geleë, wat dit heerlik afgesonder laat voel, en danksy die welige tuin hoor of sien ons nooit bure of verbygangers nie (Jayne Brink, Tuis, November 2017). › Om vleilande en ander groenstroke in ons stede te bewaar, beteken nie daar word na die pype gedans van 'n paar voëlkykers en naweek-piekniekgangers nie (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019). › Wanneer ’n hittegolf ’n stad tref, sal groenstroke soos die herstelde vleiland in Makhaza in Khayelitsha, die Philippi-tuinbougebied op die Kaapse Vlakte of Princessvlei help om temperature in die nabyheid laer te hou as die hitte-eilande van geteerde parkeerareas of middestede vol wolkekrabbers (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019). ◌ ENGELS: green belt | greenbelt
› groen waterstof (ekologie) waterstof wat deur die elektrolise van water geproduseer word met elektrisiteit wat opgewek word deur ’n hernubare bron soos wind of sonkrag: › Groen waterstof word deur elektrolise vervaardig, aangedryf deur hernubare energie, om later in waterstof en suurstof te verdeel – ’n proses wat geen CO2 vervaardig nie. Dit beteken groen waterstof kan die sleutel wees tot die ontkoling van die wêreld teen ’n koers wat hernubare energie op sy eie nooit sal regkry nie (Lisa Steyn, Vrye Weekblad, 13 November 2020). ◌ ENGELS: green hydrogen
gommetjie
gooi
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla