Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
grafeen s.nw. [geen meervoud] tweedimensionele materiaal wat bestaan uit ’n enkele laag koolstofatome wat gerangskik is op ’n rooster met ’n heksagonale struktuur, wat die basiselement van ander vorme (= allotrope) van koolstof vorm: › Vir die eerste keer is natuurlik gevormde grafeen in 3,2 miljard jaar oue rots onder in ’n Suid-Afrikaanse goudmyn ontdek (Nuusberigte, 26 Julie 2023). › Gevorderde materiale word losweg omskryf as materiale wat ontwerp is om gevorderde eienskappe te hê wat beter is as materiale wat tradisioneel gebruik word. ’n Nóg omvattender omskrywing sluit materiale in wat konsekwent stygende vraag danksy tegnologiese vooruitgang en daarom groter nuttigheid ondervind. ’n Voorbeeld van ’n nuwe mark hier is die mark vir grafeen, ’n materiaal wat [...] tot onlangs toe net in universiteitslaboratoriums vervaardig is (Petri Redelinghuys, Finweek, 1 Maart 2019). › Al bestaan dit uit net een laag atome is grafeen ongelooflik sterk. Dit is ’n uitstekende geleier van elektrisiteit, kan gebuig word sonder om te breek, en is amper deursigtig, wat lig toelaat om daardeur te gaan (ChatGPT, 26 Julie 2023). › Die uitsonderlike termiese geleidingsvermoë van grafeen maak dit geskik vir hittebestuurtoepassings. › Grafeen laat geen standaardgas of -vloeistof deur nie, wat dit potensieel nuttig maak vir die vervaardiging van versperrings en filtreerders.
◌ ENGELS: graphene
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery