Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
grootdata s.nw. [versamelnaam]
Ook groot data [ook met hoofletters]
groot versameling(s) data wat deur mense en rekenaars genereer word en wat ongestruktureerd is of so vinnig groei dat dit nie langer deur tradisionele stelsels vir dataverwerking hanteer kan word nie maar nuwer tegnologie vereis: › Wat grootdata so enorm maak, is herhaalde inskrywings oor ’n tydperk, byvoorbeeld, ’n weblog skryf miljoene besoeke per dag op ’n paar webblaaie; of ’n selfoondatabasis stoor die tyd en plek van al die handstelle elke 15 sekondes (Eduan Kotzé, ’n Oorsig van grootdata- en datawetenskaponderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite, 3 November 2016). › ’n Hoeksteen van dié kennisekonomie is veral “groot data”, ’n term wat verwys na geweldige omvangryke datastelle wat deur ontleders en navorsers hanteer word (Wim de Villiers, Netwerk24, 1 Augustus 2019). › Volgens definisie is grootdata ’n algemene term om datastelle te beskryf wat só groot of kompleks is dat hulle nuwe verwerkingsvorms moet kry om beter besluitneming, insigontdekking en verwerkingsoptimalisering moontlik te maak (Finweek, 16 Februarie 2017). › Die Internet van Dinge het gelei tot die idee van Groot Data wat op sy beurt die manier waarop sake, die media en die verbruiker met mekaar in wisselwerking tree, radikaal verander het. Groot Data verwys na die bestuur van groot, komplekse en selfs uiteenlopende stelle data wat gebruik kan word vir voorspellingsontleding en besluitneming (Finweek, 28 Januarie 2016).
◌ SINONIEM(E): omvangryke data
◌ ENGELS: big data
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella
guavadilla
gwarragoed
gwenza
gysel
gyselware
haairoeper
haaiwag
haak
haan
haarne
haarselwers
haas
haasgras
haatspraak
Haggada
hak
halaal