Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
grilgriet s.nw. | grilgriete | grilgrietjie | (informeel, skertsend) vrou wat dikwels/maklik gril van of by die gedagte aan dinge wat afkeer/afsku by haar wek: › Lank voor die coronavirus, sê Anneliese Burgess, was sy al ’n ietwat patologiese, borderline-paranoïese kiemverskrikte grilgriet, maar nou voel sy nie meer so mal as sy haar kar se stuurwiel ontsmet nadat sy inkopies gedoen het nie (Vrye Weekblad, 13 Maart 2020).
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper
grondroof
grootdata
grotsindroom
grypkultuur
grys
grysskoenbrigade
GSM
guavadella