Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

grendeltyd s.nw. | grendeltye | [ook met ’n hoofletter] Ook grendeltydperk | grendeltydperke |
tyd van inperking of (self)kwarantyn: Tot dusver lyk dit asof die meerderheid Suid-Afrikaners die grendeltydperk (inperking) met vasbeslotenheid en in landsbelang gaan deursien, selfs al vra dit menslike en ekonomiese opofferings van baie (Theuns Eloff, Netwerk24, 30 Maart 2020). Dit is DAG 3 van Die Groot Inperking. Grendeltyd is met ons. Gelukkig het ons verbeelding nog vrye teuels (as ons dit toelaat) en dit is hoekom ek hierdie storie deel met alle mede-ingeperktes (Dawid van Lill, Facebook, 29 Maart 2020). Hou jouself, geliefdes en huismaats dop vir die simptome van angs en depressie wat moontlik kan voorkom in die grendeltyd (Kelly Minnie, Rapport, 29 Maart 2020). Jéan Restaurant, en nog 112 siele op Klein Roosboom is nou agter slot en grendel. Hierdie inperktyd of grendeltyd in ons tuiskluise sal beslis verdieping op vele vlakke bring (Karin de Villiers, Facebook, 27 Maart 2020).
SINONIEM(E): hokslaantyd
ENGELS: lockdown | lock-down time


samestelling(s):
grendeltydbaba
grendeltydresep


KYK OOK: inperking


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther