Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
grendelstaat s.nw. [geen meervoud] staat van inperking of (self)kwarantyn: › Niemand is onaangeraak deur die grendelstaat wat ingestel is sedert laas Donderdagnag nie (Rapport Regstreeks, 31 Maart 2020). › In die grendelstaat bring die meeste mense meer tyd tuis en in hul tuine deur (Netwerk24, 13 Mei 2020). ◌ ENGELS: state of lockdown
KYK OOK: grendeltyd
samestelling(s):
grendelstaat-ervaring: › Dis Sondag 29 Maart, dag 3 van ons land se “grendelstaat”-ervaring (sekerlik een van die nuutste woorde in ons móói, immer groeiende taal) (Pieter Jooste, Beeld, 31 Maart 2020).
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
goentoem
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
GOS
goud
gouspring=
GPS-skattejag
GPS-speld
Gqeberha
graadeen-parrabeen
graai
grafeen
grafskrif=
grassnyerouer
grendelnood
grendelstaat
grendeltyd
grendeltydperk
grenslynpersoonlikheidsversteuring
grensoorskreidend
grenstipe-persoonlikheidsteuring
grensverskuiwend
grensverskuiwer
grilgriet
groen
groendruppel=
groendruppelverslag
groenkragaanleg
groenpoets
groenpoetser
groenpoetsery
groenstrook
groenvingeroplossing
groenvoer
groenwassery
groepsimmuniteit
grond
grondgryp
grondgryper