Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gin-en-tonic s.nw. | gin-en-tonics | (via Engels) glas wat ’n mengsel van gin en tonic met ys, ’n gewilde drankie, bevat: › Sy gaan tap ’n bad water en skink vir haar ’n gin-en-tonic (Ronel Mostert, Huisgenoot, 11 Junie 2020). › Op die presiese oomblik toe Joe Pereira se mes deur Lorenzo se nekvel gly, op die presiese oomblik toe Stavros die slagter se hart weer ruk omdat sy bloeddrukpille nie meer bloeddrukpille is nie, skink Niklaas vir hom ’n derde gin-en-tonic (Tom Dryer, Stinkafrikaners, 2000). › Dit maak ’n reuseverskil as jy deur die loop van die aand twee gewone gin-en-tonics drink en dit met twee alkoholvrye weergawes afwissel (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 7 November 2019).
◌ SINONIEM(E): (via Engels, informeel) G&T
◌ ENGELS: gin and tonic | G&T
samestelling(s):
gin-en-tonic-drankie
gin-en-tonic-smaak
KYK OOK: gin, tonic
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-
gloeigroen
glottisslag
gochujang
goedkooprig
Goema
-gogga
goggahotel
gogo
gomlekker
gommetjie
gooi
gorillapolitiek
GOS